Klipkouers Potgooi: Rugby legende en koffie-koning, Kobus Wiese, gesels oor die opgang van die industrie.

Lekker geselsie met Kobus Wiese oor koffie, die opgang wat dit besig is om te maak, hoe om jou eie besigheid te doen, hoe om dit nie te doen nie en nog lekker ander dinge.

Kobus Wiese

Ons heel eerste Klipkouer met wie ons vandag gesels is niemand anders as Springbok Rugby legende en entrepreneur, Kobus Wiese. Wat veral vir my uitgestaan het met my gesprek met Kobus is hoe span sport, of sport, ‘n baie sterk fondasie kan gee vir enige een wat entrepreneuriese aspirasies het of, dink daaraan om hulle eie besigheid te begin, asook hoe dit help om ‘n passie te hĂȘ vir die industrie wat jy gaan aanpak of, ‘n liefde vir die produk wat jy gaan verkoop. Ons sien baie uit om meer van diĂ© Klipkouer en sy manier van dink en doen te hoor. Kobus, welkom.

Baie dankie, lekker om hier te gesels.

Vertel ons so ‘n bietjie meer oor jouself. Ek dink die meeste Afrikaners weet wie jy is maar kom ons maak asof daar ‘n paar is wat op ‘n ander planeet bly en nog nooit van Kobus gehoor het nie, so vertel ons ‘n bietjie meer.

Ja, ek’s maar ‘n gewone, normale ou. Ek het groot geword in NamibiĂ« in die pragtige dorpie, Luderitz in the Namib Woestyn en my pa werk vir Anglo American op die diamant myne. Ek het skool gegaan hier in die Paarl in die pragtige Boland. Na skool het ek begin studeer en my pad maar so gevind. Ek het onderwys studeer en ‘n bietjie rugby gespeel en op die ou end op geĂ«indig in Gauteng waar ek my loopbaan afgesluit het maar ja, ek’s maar ‘n normale ou wat hou van die normale goeie dinge in die lewe soos ‘n goeie rooiwyn, ‘n goeie koppie koffie, en ’n lekker tjoppie op die vuur.

En getroud, kinders, en so aan?

Ja, my beter helfte is Belinda. Ons het mekaar ontmoet op ’n geselligheid by my vriend Balie Swart. Ons het twee kids, Le Roux en Devanie en hulle twee is op hierdie oomblik ook in die Paarl Reformasie by my Ouma Margaret, so ja, ’n ou kom maar terug na jou “roots” toe.

Wat is die rede dat jy die koffie industrie aangepak het?

Man, dis ‘n interessante ding. Ek het nog van kleins af – my ma was ‘n baie goeie kok en ‘n bakster  –  het hierdie gogga my gebyt, toe het ek maar vir haar gehelp in die kombuis. Ek het toe agtergekom dat om te kook is geweldig stimulerend, buite natuurlik dat ek gehou het van lekker kos – jy weet dis altyd welkom. Dit is net lekker om te kook. Dis geweldig stimulerend en as ‘n ou ‘n lang dag gehad het dan, as jy vir ‘n paar pelle kos maak of, iets nuuts in die oond wil probeer, dan is dit nogal stimulerend.

Ek het gevind ek het ‘n natuurlike aanslag daarmee en ek kook nie uit ‘n boek nie, maar ek kook met gevoel en ja, dis hoe ek begin het, meer net eintlik as ‘n stokperdjie en ons het op geĂ«indig in die kosbedryf. Ek het dit nooit beplan nie, maar ek en my vrou het ‘n koffiewinkel gekoop om ons eie besigheid te begin en soos jy weet, vandaar die entrepreneurskap. Ons wou nog altyd vir onsself gewerk het en dit het so begin.

Het jy ooit voorsien dat hierdie hele koffie tendens, ek bedoel – as ek kyk na Starbucks, dit het net ontplof wĂȘreldwyd en selfs hier in Engeland gaan dit net van krag tot krag – het jy ooit geantisipeer dat koffie so groot sou word mettertyd?

Die afgelope paar jaar, sĂȘ nou maar die afgelope 15-20 jaar, het dit geweldig gegroei in die wĂȘreld en waar kitskoffie eers soort van ‘n tendens was, het dit ongelooflik gegroei, veral in Australia, New Zealand, Suid Afrika, en Engeland. Ek dink dis maar al die invloed van buite af. Mense wat Engeland toe trek van ander lande wat hou van koffie en die Engelse is so half geforseer om meer koffie te begin drink as tee, so dit is ‘n ongelooflike kommoditeit en sal altyd wees. Dit groei elke dag, word al hoe meer gewild en koffie is amper ‘n tipe van ‘n ding wat ‘n ou nie sonder jou dag kan begin of afsluit nie.

Dis baie interessant, ek onthou vroeĂ«r jare toe ek my loopbaan begin het by Coca-Cola, was ons ‘n span wat juis en – ek praat nou van 2000 – ons het die “non-carbs” – alles nuwe produkte wat nie gas in gehad het nie soos Bon Aqua, Minute Maid, Play die energie drankie, bemark en ek onthou ons het natuurlik na koffie gekyk op daardie stadium. Ek onthou NescafĂ©, jy het nou kitskoffie genoem, ek dink hulle het 86% of so iets van die mark gehad – is dit dat daardie manne minder besigheid begin doen soos die smaak, wil ek amper sĂȘ, ‘n bietjie meer gesofistikeerd word met die tyd?

Vir seker. Ek dink dat daar’s geen twyfel nie soos al hoe meer lande koffie produseer. Jou groot kanonne was mos nou altyd maar lande soos EthiopiĂ«, Guatemala, Costa Rica, BraziliĂ« ensovoorts, en nou ewe skielik Malawi, Burundi, ZambiĂ«, Java en al die lande. Hawaii begin nou ook fantastiese koffie produseer. Die mark gaan dus al meer en meer oop en, weereens, vir die eenvoudige rede, mense drink meer koffie as wat produseer word, so dit sal altyd ‘n kommoditeit bly. Daarom is koffie die tweede grootste handelskommoditeit in die wĂȘreld na olie en hulle noem dit ook swart goud. Die mense drink geweldig koffie en dit groei aanhoudend.

Jy het vroeĂ«r ook genoem jy en jou vrou, Belinda, wou nog altyd julle eie ding gedoen het. Ek het vroeĂ«r jare ‘n artikel gelees, ek dink dis net voor die WĂȘreldbeker, van, “Waar is julle manne?”. Jy weet die oorspronklike WĂȘreldbeker wenners en wat doen die manne en wat vir my baie opvallend was is dat baie van julle is entrepreneurs. My vraag is, of verbeel ek my, dat baie Springbok Rugbyspelers gaan en doen hulle eie ding en hoekom dink jy is dit so?

Dit is ‘n baie interessante observasie wat jy maak want jy is heeltemal reg en ek wil dit vir jou in twee verdeel. Die voor 1995 rugbyspeler en die na 1995 rugbyspeler. Ons het die spel professioneel gedraai in 1995, soos jy onthou. Voor 1995 het meeste van die ouens toe daar nog weermag dae was in ons land, weermag toe gegaan of gaan studeer of anders om. Meeste van die ouens het gaan studeer as jou pa nie ‘n plaas het wat jy kan erf nie dan gaan swat jy of jy gaan soek ĂȘrens ‘n werk, maar jy gaan weermag toe en dit dink ek het gelei daartoe dat die ouens op ’n jonger ouderdom, selfstandig geraak het en die besluit geneem het.

Ek glo, met alle respek, ‘n entrepreneur is ‘n gebore entrepreneur, dis iemand – dis iets in sy persoonlikheid of haar persoonlikheid – wat sy eie ding wil doen, wat sterk genoeg in homself of in haarself glo, wat bereid is om sekere kanse te waag en bereid is om hulle moue op te rol en hard te werk. Dit is so eenvoudig soos dit en met ‘n droom of twee. Dit is entrepreneurs. Entrepreneurs, volwaardige entrepreneurs, na my mening, kan nooit kantoorure werk nie, dis nie in sy of haar geaardheid nie. Hulle pas nie daar in nie en ek dink sport is ‘n fantastiese ding wat vir jou baie help.

Jy kan maar kyk, mense wat in spansport, in my opinie, of in enige sport goed doen, het sterk persoonlikhede. Dit is ook mense wat makliker entrepreneurs sal word; hulle is gewoond aan druk; hulle weet hoe om dit te hanteer; hulle hou van die sogenaamde druk wat deurkom, daai tinteling in jou maag, die onbekende wat jy bereid is om aan te vat. Sport leer dit ook vir jou en dis presies dieselfde as jy ‘n entrepreneur is. As jy vir jouself werk, is dit ’n feit dat jy gaan nie altyd suksesvol wees nie, maar dis nie belangrik nie. Jy weet jy moet aanbeweeg en aanhou probeer tot jy sukses behaal. Die ou wat nie bereid is om dit te doen nie, sal nie vir homself kan werk nie want hy sal opgee na die eerste probeerslag wat nie werk nie.

Baie interessante waarneming. So jy kan amper se die sport element skep ‘n entrepreneuriese DNA van ‘n jong tyd af, veral as jy dit na ’n professionele vlak toe vat.

Sonder twyfel. Ons almal word groot, sĂȘ nou in Suid-Afrika, Nieu-Seeland, en Engeland, of jy in rugby belangstel, of in krieket, of netbal, wat ook al, om jou provinsie te verteenwoordig of vir jou land te speel, is waarvoor jy oefen. Die feit is daar is baie kompetisie, soos wat daarbuite is, as jy ‘n entrepreneur is. Jy’s nie die eerste ou wat ‘n koppie koffie wil bedien nie, jy’s nie die eerste ou wat ‘n hamburger wil verkoop nie, jy’s nie die eerste ou wat ‘n kar gaan verkoop nie. Daar is duisende mense wat voor jou was al vir honderde jare en daar gaan nog na jou kom, so die kompetisie is skel. Wat maak die verskil? Ek dink dis die ou wat dit die graagste wil hĂȘ.

Hoe gaan julle te werk om nuwe kliĂ«nte te werf? Jy het nou, soos jy nou tereg uitgewys het, is daar baie ouens daarbuite wat koffie verkoop en kos. Dit is ‘n tweeledige vraag want julle het natuurlik nou die kliĂ«nt self, die eindverbruiker en dan is dit ook persele soos wat julle groei – so hoe gaan jy te werk dat die ouens jou kies en dan, tweedens, hoe gaan julle te werk om nuwe persele te kies?

Ek dink die koffiewinkel, of die hele aspek van koffie, is baie gewild by die mense daar buite, mense geniet dit. Hulle hou daarvan in om koffiewinkels uit te hang. Eerstens, natuurlik moet jy die produkte hĂȘ, jy moet sorg dat jy ‘n goeie koffie het, ‘n goeie kwaliteit wat die mense laat terugkom want net ‘n mooi glimlag gaan nie hier by die derde, vierde keer help nie. Ek bedoel dit help jou deur maar dan moet jy natuurlik vir mense ‘n milieu skep. Jy moet vir hulle ‘n omgewing skep waar hulle gemaklik gaan wees, waarvan hulle hou en jy moet vir hulle ‘n tipe kwaliteit lewer. Al daai dinge speel ‘n rol en natuurlik, persoonlikheid.

Ek dink mense gaan na koffiewinkels toe om ander vriende te ontmoet, om ‘n glimlag te kry, om te sit en gesels, om ‘n besigheids afspraak na te kom. Dit is wat ek glo wat die koffie bedryf of die kos bedryf is van die toekoms want mense sal altyd eet in die wĂȘreld en dit gaan baie oor persoonlike smaak. Die koffiewinkel bedryf is bekostigbaar, dit is buigbaar, dit is aanpasbaar – enige ou kan na ‘n koffiewinkel toe gaan, van ouma, oupa, ‘n besigheidsman, ‘n besigheidsvrou, ma met kind, ouma met kleinkind, skoolkinders – en dis nogal ‘n nice ding deesdae, veral skoolkinders want koffiewinkels raak meer en meer gewild onder skoolgroepe.

Ek sien hulle al hoe meer in die winkels kom – drink cappuccinos, ‘n lattĂ©, daai tipe dinge wat lekker is – dit is die nuwe kliĂ«nte in die toekoms. As ek die Engelse woord kan gebruik, die ouens raak “educated”. Hulle wil nou al daai tipe goed begin gebruik en deel uitmaak daarvan, waar byvoorbeeld, as jy sushi gaan eet, of you wil ‘n steak eet, dis nie elke dag wat jy dit doen nie. Dit doen jy so sporadies wanneer jy lus voel daarvoor, maar in ‘n koffiewinkel kan jy sewe dae ‘n week iets kry wat na jou smaak sal wees.

Hoe kies julle die regte perseel, ek dink dit is so krities, die “location, location, location”, met julle tipe besigheid?

Dit is so, maar weet jy aan die anderkant, begin ek deesdae ook glo daar’s ‘n ander kant van daai stelling wat jy nou gemaak het. Ek glo ook as jy vir iemand ‘n rede gee om verder te ry na jou plek dan sal hy dit doen, daar is geen twyfel nie. Ek persoonlik sal verby drie restaurante ry, na ‘n vierde een toe, vir watter rede ook al – lekker koffie, vriendelike bestuurder, beste steak, sagte sitplekke, – iemand is bereid om te ry as jy vir hulle werklik ‘n rede gee, daar is geen twyfel daaroor. Dit moet ook ‘n goeie posisie, wat in die oog is, wees waar daar voete is. Dit help om die ou in die deur te kry, maar dis nie ‘n waarborg dat jy suksesvol gaan wees nie.

Jy moet nog steeds al daai ander redes ook vir die mense kan aanbied en natuurlik, ek glo ons is van die eerste handelsmerke wat ingegaan het in ander markte as gevolg van die ekonomie en ander geleenthede. Deesdae is dit geweldig duur om in die sogenaamde tradisionele malls in te gaan of winkel sentrums want dit word so duur dat dit amper onbekostigbaar is. Ons was die eerste handelsmerke wat begin ingaan het in die sogenaamde “captive” markte. By hospitale en by ‘n Makro, byvoorbeeld, in kantoorblokke, in ‘n skool. Enige plek – die mark is deesdae baie wyer as die ou, tradisionele mark waar jy net in ‘n mall na ‘n restaurant wil kom.

Jy het so ‘n rukkie terug gepraat van veral die skoolkinders wat jy sĂȘ wat amper hierdie nuwe mark is wat aan die groei is en jy het ook gepraat van skole, daai “captive audience”. Ek kom nogal agter ook hier in Engeland dat jou koffiewinkel as ‘n fondasie gebruik word – as ‘n tipe van ‘n inkubator, as ek nou ‘n groot woord hier kan gebruik – waar jy baie “start-ups”, nuwe ouens wat die solo entrepreneurs is vind, soos die ou wat nou sy sagteware kom skryf. Dan kom hierdie ouens bymekaar, hulle sit daar, dis hulle kantoor vir die dag, die koffiewinkel. maar die sinergisme wat natuurlik daaruit spruit, amper soos ‘n mini Silicon Valley en dis alles geanker in die koffiewinkel. Dit is die millennials wat deurkom met ‘n ander manier van werk. Hulle gaan soek nie eers ‘n nuwe kantoor in ‘n kantoorblok nie want dit kos geld. Dit kos baie geld om huur te betaal en soos jy nou sĂȘ ook, die ouens gaan nie reguit mall toe nie want dis ‘n fortuin. Nou gaan hulle na koffiewinkel toe, dis verniet en daar kan hy sit en werk, hy soek net wi-fi en daar gaan hy!

Daar’s hy, jy slaan die spyker op die kop. So lank die ou sy kant bring en hy eet ietsie daar, hy drink bietjie daar, is hy ‘n gas of kliĂ«nt wat jy daar sien. Dit is die moeite werd vir die eienaar om dit te doen. Hy gee die wi-fi op die huis of op ‘n sekere hoeveelheid tyd verniet of, as hy iets koop kry hy ‘n seker kode. Dit is meer en meer gewild en daarom sien jy studente ook hier. Die ouens in die klas druk nie, dan hang hy in die koffiewinkel rond en hy doen sy storie daar. Hy leer daar of hy is besig om ‘n bietjie tuiswerk te doen as wat hy huis toe gaan, so dis hoekom ek sĂȘ die mark het so groot oopgemaak, daar is geweldig potensiaal.

Wat is die grootste besigheidsfout wat jy tot dusvĂȘr gemaak het?

Ek dink dat ’n mens nog onervare is in die begin, dan het jy meer adrenalien as brein en is dan maar braaf. Jy vertrou almal en jy vat almal se woord. Reg in die begin moes ek in ‘n vennootskap wees met ‘n ou wat ‘n restaurant bestuur het en ek het geld ingesit en die ou het my vir ‘n “ride” gevat. Hy het ons baie geld gekos maar ‘n ou leer uit daardie foute uit en ek het die grootste een daaruit geleer. As jy dit nie self doen nie en jy’s nie daar elke dag nie, dan moet jy liewer maar jou geldjies in die bank hou.

Dit is baie interessant, weereens, as ek dink aan die foute wat ek gemaak het veral as dit ‘n vriend is – hulle sĂȘ altyd moenie met vriende en familie besigheid doen nie – ek dink die belangrikste ding is die “shareholder agreement”. Dit is maar soos ’n demokrasie – as die landswette goed gedefinieer is en almal het ‘n veilige raamwerk dan kan jy vry rond hardloop in daardie raamwerk, maar as die raamwerk nie sterk is nie begin dinge uitmekaar val. Wat is jou grootste swakheid?

Ek dink my ongeduld, ek is maar ‘n ongeduldige mens van geboorte, so ek wag moeilik vir dinge en ek wil, as dinge nie reg loop nie, dit reg hĂȘ, en as iets reg geloop het dan raak ek moeilik as dit nie reg loop die volgende dag nie. My ongeduld dink ek is maar my swakheid.

Dit laat my nou dink aan toe ek hier in Engeland aangekom het, gaan ek vir – in koöperatiewe dae nou nog –  my onderhoude. Ek sit toe ook daar en hulle vra vir my, “wat is jou grootste swakheid?” Ek sĂȘ toe, “ek is ‘n ongeduldige ou”, en later sĂȘ een ou vir my, “nee, Jacques, dit klink baie negatief as jy dit in ‘n onderhoud vir ‘n ou sĂȘ. Die Engelse wil hoor – gebruik die woord – jy is ‘n ‘perfeksionis’”. Dus vandaar af is ek ‘n perfeksionis. My vrou koop dit nie, maar ek is ‘n perfeksionis.

Nee, ek sal dit ook nou onthou en in plaas van ‘ongeduld’ eerder sĂȘ ek is ‘n perfeksionis.

Wat is een gewoonte wat jy wens jy het?

Om meer geduld te hĂȘ.

Om minder perfeksionisties te wees?

Ek wil minder perfeksionisties wees, ja heeltemal reg.

SĂȘ vir my watter sagteware of applikasie kan jy nie sonder klaarkom nie, sou dit nou wees persoonlik, vir persoonlike gebruik en, natuurlik, ook in jou besigheid?

Jy weet ons gesels baie daaroor. VroeĂ«r jare toe ek en jy grootgeword het, het jy gery van een dorp na ‘n ander dorp en as iemand jou soek dan gaan jy daar by ‘n tiekie boks bel of, jou ma kan jou bel saans tussen ‘n sekere tyd in die koshuis by die tiekie boks, as jy gelukkig is en as jy ‘n ‘gap’ kry in die ry. Andersins is dit jammer vir jou, jy kom klaar, dis maar sĂł. Deesdae is dit eenvoudig, jy moet nou die foon gou optel en nou bel en nou die antwoord gee en nou besigheid doen. Daar is groot voordele in die tegnologie maar daar is ook geweldig nadele daarin. Party dae dan wens ‘n ou dat daar was nie so iets nie, jy moet maar wag tot mĂŽre om van my te hoor of ‘n antwoord te kry. Ek dink tog, nie net vir myself, vir almal, ons kan deesdae nie meer sonder die selfone – die gerief daarvan en die gemak daarvan – klaarkom nie.

Dis ‘n baie goeie punt. Ek dink dit is ‘n absolute móét maar dit is ook ’n absolute euwel. Ek onthou toe ek my iPhone gekoop het die eerste maal. Daar is mos ‘n paar Blackberry manne wat baie opinies gehad het en almal het vir jou gesĂȘ dis ‘n slegte foon. Ek wil sĂȘ dit is nie ‘n foon nie, dit is ‘n rekenaar wat oproepe kan maak en ek dink dit is meer en meer waarna ons kyk. SĂȘ vir my, in die besigheid self, is daar ‘n tipe van ‘n CRM sagteware wat julle ouens gebruik of iets wat julle, daardie mededingende voordeel gee?

Ek dink dit is maar die standaard goed, die standaard diens dinge maar jy moet dit ook aandui. Ek het gekla by my finansiĂ«le ou .Hy sĂȘ dit is elke twee, drie jaar wat dit ontwikkel word en die kapasiteit word ook van so ’n aard, jy moet kan by hou. My kennis is in elk geval te min en ek is nie ‘n volbloed techie dat ek byhou met al hierdie goed of elke ses maande ‘n nuwe selfoon as ‘n “upgrade” wil hĂȘ nie. So lank die ding vir my werk, maar dit werk nie so daar buite nie. ‘n Ou moet tred hou en veral ook as jy kyk na restaurante met jou “point of sales” en so aan sodat jy kan inskakel na hoofkantore wat die goed kan aflaai vir hulle. Sulke goed is duur sodat hulle kan kommunikeer met jou en jy kan kyk wat was die verkope gewees of wat se drankie is die gewildste, watter een is die minste gewild – al daardie tipe dinge en selfs resepte stuur. Al daardie fantastiese geleenthede is daar en dit maak dit weereens soveel makliker en vinniger om te doen.

Ek dink nou net daaraan, hier is ‘n nuwe koffiewinkelgroep in Engeland, Harris & Hoole, hulle is oorgekoop deur Tesco – vir die Klipkouers in Suid-Afrika – Tesco is die grootste supermark groep hier en ek dink hulle is die tweede of derde grootste in die wĂȘreld. Harris & Hoole was ‘n klein familie besigheid wat Tesco oorgekoop het en hulle is nou besig met daai “captive audience”. Hulle wil ‘n bietjie wegbeweeg van ‘n Pick ‘n Pay koffiewinkel wat nie “cool” is nie. Dit is nou maar net so. Meer van ‘n C – store konsep.

Wat vir my interessant is wat hierdie manne doen, hulle het ‘n app wat hulle gebruik. Dit is nou nie nuut nie of revolusionĂȘr nie maar dit is my persoonlike app en ek sit my voorkeure daarop, ek kan geld oplaai, daar’s ‘n foto, ek kom in, ek login en daai ding is onmiddellik op die sisteem. Hulle sien my naam en groet my op my naam. Dit is net bietjie iets anders. Hoe sien jy die toekoms van daardie tipe van tegnologie in Suid-Afrika? Is dit al aan die gebeur of hoe lyk die dinge?

Ja, daar’s definitief. Deesdae is alles hier op een of ander manier aanmekaar geskakel. Jy weet as jy ‘n Discovery lid in Suid Afrika is, as jy nou gym toe gaan dan kry jy punte en as jy bank toe gaan kry jy dit, of banksake, byvoorbeeld, FNB doen dan kry jy petrol verniet by Engen en al die goed. Dieselfde in die restaurante. Jy het jou puntestelsel en dan gee hulle vir jou meer data. Wat natuurlik ook nadelig is as elke ou deesdae jou e-pos adres het en dan kan hy vir jou nou allerhande promosies en goed stuur. Dit raak op ‘n stadium seker net te veel, jy weet. ‘n Ou moet maar daai goed dophou maar dis ‘n geweldige instrument as ek dit wil gebruik – vir enige besigheid – om baie vinnig, data en inligting te kry van enige kliĂ«nt soos waar woon hy, hoe gereeld eet hy uit, wat eet hy, ‘n man of ‘n vrou, wat se ouderdom is hy/sy, wat verdien hy/sy ensovoorts.

So dit is besig om te groei in die restaurant bedryf ook as iemand by jou kom eet. Ek sien nou deesdae by skole selfs – – iemand het vir my ‘n voorlegging gedoen waar die kinders ‘n ‘tag’ kry wat hy/sy by die kantien of die skool snoepie  – elke dag as die kind iets gaan koop, dan registreer dit wat het hy gekoop, hoe gereeld koop hy dit, hoe gesond is dit, wat kos dit al daai tipe van informasie. Die ouers kan daardie data kry en sien dat Pietie gebruik nie sy R50 of R100 om ‘n appel te koop nie, hy koop net Smarties ensovoorts.

SĂȘ vir my is daar ‘n boek wat jy sou aanbeveel wat ’n ou moet lees?

Ek het op ‘n stadium baie gelees maar ek lees deesdae nie meer baie nie. Daar is nogal ’n interessante boek wat nogal gewild is en jy het ook nie ‘n sport aanhanger te wees nie. Die boek is “From Locker Room to Boardroom” wat ‘n ou geskryf het so ’n jaar of twee terug, wat nogal interessant is. Hy het ‘n klomp voormalige sportmanne en -vroue gevat wat nou in die besigheidswĂȘreld is en vanwaar hulle begin het en deurgetrek het. Daar is baie interessante leesstof daar. Ek sien hy is nou in sy 3de of 4de druk in Suid-Afrika wat nogal nie sleg is in die Suid-Afrikaanse konteks nie, as jy sou belangstel om jou eie besigheid te begin.

Wat is jou gunsteling aanhaling?

As jy my vrou vra dan sal sy vir jou sĂȘ ek sĂȘ altyd, “you have a choice”. As jy enige iets in die lewe will doen het jy ‘n keuse maar ek glo daaraan. Mense kla te maklik en wys finger. Ek bedoel, ek gaan nou ‘n belaglike stelling maak, maar selfs as ‘n ou fataal siek word het jy nog steeds ‘n keuse hoe om dit te hanteer. Ek vat maar vir Joost as ‘n voorbeeld. Joost is op geleende tyd, maar die feit bly staan, hy gaan sit nie en voel jammer vir homself nie. Hy maak nog steeds ‘n geweldige positiewe bydrae en lewe nog steeds voluit soveel as wat hy kan met die tyd wat hy oor het en dit is juis omdat hy die positiewe keuse gemaak het. Dit is maar net so.

Met alles in die lewe, na my mening, het jy ‘n keuse. Mense blameer altyd die omgewing, die samelewing, geleenthede en dinge vir hulle situasie. Jy het ‘n keuse. Nog een wat ek altyd baie van hou en dis nie net in sport nie, maar mense gebruik altyd verskonings hoekom hulle nie sukses behaal nie. Ek sĂȘ altyd dis ‘n kwessie van, “There is no disgrace in failure, but there is in the lack of trying”.

Dit is ‘n belangrike punt wat jy daar maak. Ek het so ‘n rukkie terug ‘n boek gelees oor die “start-up nation”, en hoekom Israel die hoogste hoeveelheid “high tech” maatskappye op die NASDAQ het. Ek dink hulle het iets soos 2,500 gelyste “high tech” maatskappye en een van die goed wat baie prominent is – behalwe nou vir die rol wat die weermag speel en die feit dat hulle een van die grootste reserviste weermag in die wĂȘreld het – is die feit dat hulle kyk glad nie neer op mislukking nie, inteendeel, dit word net gesien as deel van die leer kurwe. Dit is een van die goed wat ek dink in ons generasie nog is, die skande wat gekoppel word aan ‘n ding wat misluk versus okay, nou weet ek wat om niĂ© te doen nie. Ek is nou slimmer en sterker en ek staan op en daar gaan ek.

Dit is die negatiewe kant in my opinie van tegnologie dat alles is deesdae “quick fix”, alles is gou-gou. Op skool as jy ‘n taak moes doen het jy biblioteek toe gegaan, omtrent drie duisend boeke uitgeneem, jy moes ‘n week daaraan werk by die huis, al daai tipe dinge. Jy moes navorsing doen fisies en tydsaam al was jy nie baie lus daarvoor nie. Nou druk jy Google en “bang” jy het ‘n antwoord. Die nuwe generasie dink nie meer nie. Hulle is nie lus vir dink nie en hulle wil uit die skool uit stap en R100,000 ‘n maand verdien. Hulle is nie bereid om onder te begin en op te werk en te leer in die proses nie. Dit is die nadeel van tegnologie, ons dink nie meer nie. Dis te vinnig, te maklik, te gou.

Baie belangrike punt en jy’s reg. Dit is daai “instant gratification” en ek dink dit is in alles. Ons leef in ‘n kits samelewing op hierdie stadium en ja, die groot geleentheid is, en ek vra, hoe leer mens hierdie jonger generasie om klipkouers te wees? Hoe leer jy hulle om daai deursettingsvermoĂ« te ontwikkel? Ek dink – as ons aansluit by die sport aanmerking wat jy gemaak het – dis juis waar sport so belangrik word. Terwyl jy jouself geniet ontwikkel jy daai deursettingsvermoĂ« om saam te werk in ‘n span en so aan.

So vir my moet dit ‘n gegewe fondasie wees in enige kultuur en ek neem aan dis hoekom Suid-Afrika so baie entrepreneuries is. As ek dink oor die algemeen, almal het mos maar ‘n idee, alhoewel ‘n idee is “a dime a dozen”. Soos jy sĂȘ, ons gaan Google net. Ek kan nou vir jou ‘n 100,000 idees gaan optrek maar dit is nie die belangrikste nie. Dit is die deursettingsvermoĂ« en om klaar te maak wat jy begin het wat die belangrikste nou is.

Sonder twyfel. Ek dink dis juis deesdae nog meer belangrik as in die verlede dat jy moet in sport deel neem as jy ‘n kind is. Dit maak nie saak watter sport, enige iets want dit bring jou ‘n bietjie terug na realiteit toe.

Met alles wat jy nou weet, en as jy nou mĂŽre moet oor begin, watter besigheid sou dit wees?

Nee, ek sal dieselfde doen. Ek dink so, ek geniet hierdie “game”. Ek geniet om met mense te werk en nie een dag is dieselfde nie en omdat ek gou verveeld raak en ongeduldig is, is dit goed so, jy weet. As ek dieselfde patroon elke dag moes gevolg het sal ek mal geraak het. Ek is net hier gelukkig. Ek is ongelooflik geseĂ«nd en ek het ongelooflike mense al ontmoet in my lewe en nog steeds leer ek ongelooflik en die spel is so dat jy bly leer vir altyd. Daar is altyd iets nuuts, iets anderste, nuwe idees van ander mense en jy leer van almal. Daarom sal ek dit weer doen, verseker.

Kyk julle manne na ‘n internasionale uitbreiding? Is dit iets wat op die radar is of sien julle nog dat daai “captive markets” in Suid-Afrika gaan vir julle die voldoende groei bewerkstellig?

Nee, ek is klaar in Namibia en ek is nou so pas besig om een te finaliseer in Botswana. Ons sit met ‘n “nice deal” met Pick ‘n Pay, NamibiĂ« waar almal in een groep behoort, so ek het alreeds by hulle tans drie winkels in Windhoek. Ons is nou besig met nog vier en hulle wil by hulle almal uitrol oor die hele NamibiĂ« so dis ‘n goeie ene en in Botswana. Dan is ek besig met ‘n moontlike ooreenkoms dat ons gaan kyk in die Midde-Ooste waar ons genader is deur ‘n Suid Afrikaanse ou wat daar bly wat vir jare al as ‘n “broker/investor” daar is. Hy deel met twee groot families wat in die kosbedryf is, veral franchise groepe. Die regte koop vir die Midde-Ooste en hulle is baie prominent daar, so hulle kry al die kontakte wat die beste blootstelling en goed doen. Ek is nou in vergaderings met hulle, so hopelik as dit nou ook deurkom sal dit ook ‘n “nice deal” wees vir ons.

SĂȘ gou vinnig vir my hoeveel winkels het julle nou al?

So rondom 80 waarmee ons nou besig is. In die volgende ses tot agt maande is daar tussen 20 en 25 winkels wat ons besig is om te finaliseer. Dus is daar is baie positiewe tekens.

Hoe kan die Klipkouers met jou kontak maak, Kobus?

My epos adres [email protected]

Kobus, verskriklik dankie vir jou tyd, ek waardeer dit. Dit was rĂȘrig lekker om met jou te gesels. Jy het ‘n fantastiese besigheidsmodel. Ek hou van die hele konsep. Jy is in ‘n fantastiese groei industrie wat ek dink net van krag to krag kan gaan en dit is duidelik dat jy ‘n gebore entrepreneur is. Die feit dat jy dit kon raaksien en weet – kom ons gaan in die koffie bedryf in en so aan – dit sĂȘ baie van die Wiese as ‘n entrepreneur. Baie geluk en alle sterkte met die opening van die nuwe winkels.

Nee, ek waardeer dit. Ek wil net afsluit en vir jou sĂȘ, geen entrepreneur kan begin as hy nie mense het wat in hom glo en dit saam met hom doen nie, daar’s geen twyfel nie. Dit maak nie saak wie hy is nie en my vrou is die een wat in my doel geglo het en ons het saam begin nadat almal ons afgeskiet het en gesĂȘ ons het geen ondervinding nie. Ek en sy het in mekaar geglo en dit is ook oor saamwerk en ek gee haar al die krediet, dit is net so. Mense moet in jou glo en jou droom deel anders sal jy dit nooit op jou eie kan doen nie.

So waar soos hulle se agter elke groot man…

…staan daar ‘n beter vrou.

Dis hy.

Nee, dis ‘n plesier en ek sĂȘ vir jou dankie.

Alles van die beste.

Visited 224 times, 1 visit(s) today